On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
NEXT: 19:00 - 23:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agri Hour

OFM landbounuus om 13:30

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 14:25 Thu, 08 Nov 2018

OFM landbounuus om 13:30 | News Article

Altesaam ses Suid-Afrikaanse meesterveeboere ding vanjaar in Voermol se Nasionale Skaap- en Beesboer van die Jaar-kompetisie mee.


Dit is die sestiende keer dat dié gesogte kompetisie aangebied word. Voermol se nasionale verkoopsbestuurder, Kenny Crampton, sê Voermol koördineer dié kompetisie, terwyl Landbouweekblad 'n mediaborg is. 

Andrew Jordaan van Cradock in die Oos-Kaap is een van die skaapboerfinaliste. Hy boer met Merino's en Dormers op die plaas Spekboomberg. Jordaan gebruik die laparoskoopiemetode al vir meer as 30 jaar, om ooie te insemineer. Sy boerdery het 'n lam-persentasie van tot 170. Hy het 'n lente en 'n herfs lam-seisoen.

Die ander skaapboerfinaliste is Henry du Plessis van Kareedouw in die Wes-Kaap wie se vee-vertakking uit kommersiële en stoet Dohne-merino-ooie bestaan.  Andries Greyling van Vrede in die Vrystaat het ‘n Dohnemerinotelery. Die beesboerfinaliste is Peter-John Hassard van Hlabisa, in KwaZulu-Natal, Mark Anderson en Patrick en John Eustace, van die Underberg in KwaZulu-Natal. Hassard boer met Brahman en Simmentaalerkruisings en Anderson met Angus, Brahmane en Beefmasters.  Patrick en John Eustace het ‘n Braford- en Hereford-stoetery. Die wenners word eerskomende Dinsdag in Bloemfontein aangewys.


Die Suid-Afrikaanse verwerkingsvermoë van sojabone hou nie tred met die uitbreiding op produksievlak nie. Dit wek kommer in die bedryf. Dit is volgens prof. Johan Willemse, 'n landbouekonoom, wat verlede week sy laaste werksessie vir 2018 oor vooruitsigte in die landboumark in Bloemfontein aangebied het. Willemse sê weens die tariefoorlog tussen China en Amerika is daar 'n surplusvoorraad sojabone in die wêreld, terwyl plaaslike boere  meer van dié gewas wil aanplant. Hy meen boere in die mieliebedryf is in 'n beter posisie. Die swakker rand en 'n sterker  Amerikaanse dollar kan uitvoerpryse laat styg wat binnelandse voorrade gaan verminder.  


EN 

Vrystaat Landbou (VL) vra boere om aan die landbousensusopname deel te neem, wat deur Statistieke Suid-Afrika (Stats SA) gedoen word. Die hoofuitvoerende beampte van VL, Gerhard Kriel, sê dit is belangrik om oor akkurate inligting te beskik wanneer besigheidsbesluite in dié bedryf geneem word.

Die Minister van Landbou, Senzeni Zokwana, het vandeesweek die Producer Farmer Register, of PFR, waardeur inligting van nie-kommersiële boere deur die departement self versamel sal word, en Stats SA se Sensus van Kommersiële Landbou (COC), bekendgestel.

OFM-nuus


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.