On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Agri Hour

Grondonteiening: eienaars kan vergoeding ontvang

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 06:32 Mon, 19 Nov 2018

Grondonteiening: eienaars kan vergoeding ontvang | News Article
Theo de Jager

Dit is onwaarskynlik dat die Grondwet só gewysig gaan word dat enige eiendom onteien word sonder om eienaars te vergoed.


Só meen dr. Theo de Jager, president van die Wêreldorganisasie vir Boere (WOF), nadat die verslag oor die Grondwetwysiging wat grondonteiening sonder vergoeding moontlik maak, verlede week goedgekeur is.


 De Jager verwys na AfriForum se omstrede uitgelekte lys met eiendomme wat glo intern in die Departement van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming versprei is. Op dié lys was bykans 200 eiendomme wat geoormerk is deur die ANC om onteien te word.  Hy sê ‘n koopsom waarop afslag reeds deur die waardeerder-generaal bereken is, asook 'n aanbod van sowat 60% van dié eiendomme se markwaarde, word op dié oorspronklike lys aangedui. 

De Jager meen daar moet nie ‘gekarring’ word aan die markwaarde van grond nie, want dit is die goedkoopste en vinnigste wyse om veral nuwelingboere in staat te stel om hul grond te behou.

OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat…  


Dit was dr. Theo de Jager, president van die Wêreldorganisasie vir Boere (WOF). 

Om na ander insetsels te luister gaan na ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn.


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.