On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agri Hour

Koringproduksie op dreef

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 06:31 Thu, 29 Nov 2018

Koringproduksie op dreef | News Article

Die Oesskattingskomitee se nuutste totale verwagte kommersiële koringproduksie is op 1,86 miljoen ton onveranderd sedert die vorige skatting gelaat.


Die Oesskattingskomitee het Dinsdag sy vierde produksieskatting vir wintergraangewasse vir die 2018-seisoen vrygelaat. Die verwagte produksie in die Wes-Kaap, wat die hoofkoringproduserende provinsie in die land is, is 903 300 ton in die Vrystaat is dit 365 000 ton en in die Noord-Kaap 294 500 ton. 

Die totale  oppervlakteskatting vir koring is 503 350 hektaar. ‘n Geskatte 318 000 hektaar is in die Wes-Kaap geplant, 100 000 hektaar in die Vrystaat en 8 000 hektaar is in die Noord-Kaap aangeplant. 

OFM-nuus se Christal-Lize Muller praat met ‘n ekonoom van Graan SA, Luan van der Walt, oor die jongste produksieskatting…



Dit was Luan van der Walt, ‘n ekonoom van Graan SA (GSA), op OFM. Om na ander insetsels te luister gaan na ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn.


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.