On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Agri Hour

Wat gaan nou aan by die Vrede-suiwelprojek?

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 07:27 Mon, 03 Dec 2018

Wat gaan nou aan by die Vrede-suiwelprojek? | News Article
FOTO: OFM

Die DA in die Vrystaat sal nie rus nie totdat al die betrokkenes in die regering se omstrede Vrede-suiwelprojek voor stok gekry word nie.


Dit is volgens Roy Jankielsohn, DA-LW en leier van die amptelike opposisie in die Vrystaatse Wetgewer, nadat die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) besluit het om die aanklagte teen die agt beskuldigdes voorlopig te laat vaar. Dié projek is aanvanklik geoormerk om swart boere te bevoordeel, maar geld is toe na bewering na die Estina-maatskappy gekanaliseer, wat bande met die Guptas het. 

Van die beskuldigdes is Varun Gupta, die waarnemende uitvoerende hoof van Oakbay Investments; Peter Thabete, die voormalige hoof van die Vrystaatse departement van landbou; Sylvia Dlamini, die finansiële hoof; en Takasi Masiteng, 'n direkteur van die departement.

OFM-nuus se Christal-Lize Muller het meer by Jankielsohn uitgevind oor wat nou op dié plaas by Vrede aangaan…



Dit was Roy Jankielsohn, DA-LW en leier van die amptelike opposisie in die Vrystaatse wetgewer. 


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.