On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Agri Hour

VKB-ontwikkelingsprojek werp vrugte af met aspersies

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 09:03 Wed, 12 Dec 2018

VKB-ontwikkelingsprojek werp vrugte af met aspersies | News Article
FOTO: Christal-Lize Muller

Die VKB Groep in samewerking met die Graanboer-ontwikkelingsvereniging, oftewel (GFADA,) spits hulle sedert 2012 toe op die ontwikkeling van opkomende boere.



'n Onwikkelingsprojek, wat daarop gemik is om nege boere in die QwaQwa en Rosendal gebiede in die Vrystaat, deur onder meer mentorskapprogramme  op te lei, het sedertdien vrugte afgewerp, maar daar was egter uitdagings. 

Die bestuurder van VKB se ontwikkelende landbou-afdeling, Piet Potgieter, sê die boere wat op kleiner stukke grond graan produseer het wins per hektaar gemaak, maar hul afsonderlike plase in geheel was nie winsgewend nie. Dit het daartoe gelei dat VKB in samewerking met The Jobs Fund en ander betrokkenes dieselfde boere ondersteun het. Dié boere het begin om aspersies te produseer.

OFM-nuus se Christal-Lize Muller het dié aspersieprojek by Rosendal op die plaas Morgenson besoek en met Potgieter gepraat...



Dit was Piet Potgieter VKB se bestuurder van ontwikkelende landbou op OFM.  Skakel Donderdagoggend in op Before Dawn wanneer Potgieter verder praat oor die winsgewendheid van dié projek se aspersiesvertakking. 

Om na ander insetsels te luister gaan na ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn.


OFM-nuus




@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.