On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Agri Hour

Aspersieproduksie vorder goed in VKB se ontwikkelingsprojek

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 08:32 Thu, 13 Dec 2018

Aspersieproduksie vorder goed in VKB se ontwikkelingsprojek  | News Article
FOTO: Christal-Lize Muller

Die VKB Groep se ontwikkelingsprojek, wat daarop gemik is om opkomende boere in die kommersiële landboubedryf te vestig en op te lei, sou nie sonder vennootskappe met betrokkenes in die openbare en private sektore, moontlik gewees het nie.


Dít is volgens die bestuurder van VKB se ontwikklende landbou-afdeling, Piet Potgieter, nadat dié projek se aspersie-vertakking onlangs by Rosendal in die Vrystaat aan die media bekendgestel is.  Die VKB Groep, in samewerking met die Graanboer-ontwikkelingsvereniging, oftewel GFADA, spits hulle sedert 2012 toe op die ontwikkeling van opkomende boere in graanproduksie.

Altesaam nege boere by QwaQwa en Rosendal, is deel van die projek wat opleiding deur middel van ‘n mentorskapprogram ontvang het. Hul boerderye is egter in 2016 uitgebrei met ‘n aspersie-vertakking, sodat hulle meer winsgewend kan boer. 

OFM-nuus se Christal-Lize Muller  het dié aspersieprojek op die plaas Morgenson by Rosendal besoek en met Potgieter gepraat oor onder meer die belang van venootskappe in dié projek…  



Dit was Piet Potgieter VKB se bestuurder van ontwikkelende landbou op OFM. Om na ander insetsels te luister gaan na ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn.


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.