On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Agri Hour

Goeie vooruitsigte in die kommersiële vleismark ondanks uitdagings

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 05:23 Mon, 07 Jan 2019

Goeie vooruitsigte in die kommersiële vleismark ondanks uitdagings | News Article
FOTO: OFM-nuus

'n Hoogtepunt op verlede jaar se landboukalender was Voermol se Skaap- en Beesboer van die Jaar-kompetisie.


Andrew Jordaan van Cradock in die Oos-Kaap en John Eustace, wat saam met sy pa, Patrick, in die Underberg in KwaZulu-Natal boer, is onderskeidelik as die top skaap- en beesboer aangewys. 

OFM-nuus se Christal-Lize Muller het dié geleentheid in Bloemfontein bygewoon en onder meer met die hoof van inligting en bemarking by FNB-landbou, Dawie Maree, gepraat oor die vooruitsigte in die kommersiële vleismark vir 2019. Maree was een van die beoordelaars van dié kompetisie.

Maree sê die vooruitsigte in die kommersiële vleismark is positief, ondanks verskeie uitdagings. Slagtings van vorige droogte jare is in die mark opgeneem, terwyl uitvoere van hoofsaaklik hoë waarde snitte na onder meer die Ooste 'n stewige voet gekry het.


 

Dit was Dawie Maree,die hoof van inligting en bemarking by FNB-landbou. Om na ander insetsels te luister gaan na ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn. 

Luister Maandag tot Vrydag tussen 05:00 en 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn.  Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar 'n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.


OFM-nuus


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.