On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Agri Hour

Reën kom té laat vir talle mielie- en sojaboonboere

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 07:04 Tue, 08 Jan 2019

Reën kom té laat vir talle mielie- en sojaboonboere   | News Article

Die optimale planttyd vir mielies en sojabone in die westelike somergraanproduksie-streek is verby.


Johan van den Berg, ‘n weerkundige by Santam Landbou, sê daar is boere wat wel laat geplant het ná goeie reën, maar dit het kol-kol gereën en in sekere gebiede van die Vrystaat en Noordwes het geen reën nog geval nie. 

Van den Berg sê  boere het tot einde Desember gehad om mielies te plant en minder aanplantings kan verwag word. Hy sê volgens boere wat wel mielies betyds kon plant, is daar ‘n risiko vir rypskade. Sterk wind- en haelstorms kan oeste ook beskadig. Daarmee saam het hierdie boere, sowel as boere wat nou sonneblom aanplant, dringend opvolgreën nodig.

OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Van den Berg gepraat oor dié situasie tans…  



Dit was Johan van den Berg, ‘n weerkundige by Santam Landbou. 

Skakel Woensdagoggend in op Before Dawn wanneer Van den Berg praat oor reënvooruitsigte en die verwagte El Niño-verskynsel.  ‘n Saaiboer van Kroonstad en ‘n veeboer van Bultfontein vertel ook oor toestande in dié onderskeie gebiede.

Luister Maandag tot Vrydag van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn.


OFM-nuus



@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.