Brandgevaar in Noord-Kaap groot weens hittegolftoestande, wind en min reën
CHRISTAL-LIZE MULLER
06:23 Thu, 17 Jan 2019
Brandgevaar in Noord-Kaap groot weens hittegolftoestande, wind en min reën | News Article
Foto: OFM
Die Noord-Kaapse Departement van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling vra boere om op hul hoede te wees vir wegholveldbrande in dié provinsie.


Dit kom nadat die Suid-Afrikaanse Weerdiens(SAWD)'n waarskuwing vir hittegolftoestande oor ‘n groot deel van dié provinsie uitgereik het. Phemelo Manankong sê daarmee saam verhoog die uitbreek van wegholbrande weens die uitermatige hoë temperature en lae reënvalsyfers. Natuurlike weiveld is uitgedor en met sterk wind kan brande vinnig ontstaan. 

OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Quinton Jacobs, 'n voorspeller by die Bloemfonteinse weerkantoor, gepraat oor die hittegolftoestande en die vooruitsigte vir reën in die Noord-Kaap, Vrystaat en Noordwes.    



Dit was Quinton Jacobs, ‘n voorspeller van die Bloemfonteinse weerkantoor, op OFM.


OFM-nuus




Related Articles:

Cookies help us deliver our services. By using our site, you agree to our use of cookies. Tell me more