On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Agri Hour

SA se verwagte mielie-oes kleiner weens minder oppervlaktes aangeplant

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 08:25 Fri, 25 Jan 2019

SA se verwagte mielie-oes kleiner weens minder oppervlaktes aangeplant | News Article
Foto: OFM

Hoewel die Oesskattingskomitee se voorlopige oppervlakte-skatting vir mielie-aanplantings nog nie bekend is nie, is daar sterk aanduidings dat Suid-Afrika se verwagte mielie-oes na verwagting kleiner gaan wees teenoor verlede jaar se oes.

 

‘n Bekende landbou-ekonoom, prof. Johan Willemse, meen die oppervlakte onder mielies kan sowat 2 miljoen hektaar wees. Dit is minder as verlede jaar se oppervlakte van 2,4 miljoen hektaar wat onder mielies is. 'n Laer opbrengs word ook verwag teenoor verlede jaar se mielie-oesopbrengs. Willemse sê ‘n vermindering in die beskikbare witmielievoorraad word verwag, terwyl geelmielies ingevoer gaan word.

OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Willemse gepraat…  



Dit was prof. Johan Willemse ‘n landbou-ekonoom. Skakel Maandagoggend in op Before Dawn wanneer Willemse verder praat oor die vooruitsigte in die rooivleisbedryf.

Luister Maandag tot Vrydag van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn.


OFM-nuus



@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.