On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Agri Hour

Suid-Afrika se mielieproduksie beter as algemene verwagting

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 06:22 Wed, 22 May 2019

Suid-Afrika se mielieproduksie beter as algemene verwagting | News Article
Luan van der Walt van Graan SA (GSA) FOTO: OFM

Die vooruitsigte vir die produksie van somergraangewasse, hoofsaaklik mielies, is beter as wat die verwagting was, maar ‘n ondergemiddelde oes word steeds verwag.


Dit is volgens, Luan van der Walt, ‘n landbouekonoom van Graan SA (GSA), wat  sê die verwagting was aanvanklik laag omdat produsente laat begin plant het weens droogtetoestande en hoë temperature.

Hy sê die mees onlangse produksieskatting deur die Nasionale Oesskattingskomitee vir mielies is sowat 10,6 miljoen ton, wat steeds ondergemiddeld is, maar dit is ‘n verbetering op die aanvanklike verwagtinge.  

OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Van der Walt gepraat...



Dit was Luan van der Walt, 'n landbouekonoom van Graan SA (GSA) slegs op OFM. Luister weeksdae van Maandag tot Vrydag tussen 05:00 en 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn. Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar 'n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.


OFM-nuus


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.