On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Agri Hour

Hier is die weeklikse veilingspryse vir lewende hawe

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 06:46 Thu, 23 May 2019

Hier is die weeklikse veilingspryse vir lewende hawe | News Article

OFM-nuus se Christal-Lize praat met Chris Derksen oor die pryse wat behaal is vir lewende hawe op veilings.


Derksen versprei weekliks dié pryse sodat produsente en kopers dieselfde inligting tot hul beskikking het om ingeligte besluite te neem met die verkoop of aankoop van lewende hawe. Boere kan dié inligting gebruik om ‘n  aanduiding te kry van die prys wat diere op 'n veiling kan behaal.

Dit dui ook aan wat kopers bereid is om vir diere te betaal.  Die Noord-Vrystaat word as 'n indeksgebied gebruik Hy sê die mark het nou 'n maksimum hoeveel diere veral beeste, omdat produsente hul vet diere nou voor die winter wil verkoop en kalwers word ook nou gespeen. Juis daarom is beespryse nou laer,sê hy. 

Die situasie rondom skape in die mark is ietwat beter as die van beeste.  



Dit was Chris Derksen, wat die veilingspryse van lewende hawe verskaf het. Vir meer inligting besoek www.vleisprys.co.za.

Luister weeksdae van Maandag tot Vrydag tussen 05:00 en 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn. Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar 'n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.


OFM-nuus





@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.