On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Agri Hour

Plaaslike landbouleiers geloof vir internasionale posisies

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 06:52 Fri, 24 May 2019

Plaaslike landbouleiers geloof vir internasionale posisies | News Article
Dr. Theo de Jager FOTO: Saai

Twee onderskeie leiers in die Suid-Afrikaanse landboubedryf word geloof vir hul betrokkenheid by die Wêreldlandbou-organisasie.


Dr. Theo de Jager is vir die tweede termyn agter eenvolgens as president van dié organisasie aangewys. De Jager het vandeesweek in Luxemburg die eerste Suid-Afrikaner geword, wat vir 'n tweede termyn agter eenvolgens tot die posisie verkies is. De Jager, ook die Suider-Afrika Agri Inisiatief, Saai, se uitvoerende direksievoorsitter, is weer eenparig verkies. Daarmee saam is die uitvoerende direkteur van Agri SA, Omri van Zyl,  as fasiliteerder van dié internasionale organisasie se globale koöperasies-werkgroep verkies. 

Agri SA het sy trots uitgespreek oor Van Zyl se verkiesing, terwyl Leon Borcherds, direkteur van Saai, meen De Jager se herverkiesing is 'n groot eer vir Suid-Afrika. 

OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Borcherds gepraat… 


 

Dit was Leon Borcherds, direkteur van die Suider-Afrika Agri Inisiatief, oftewel Saai, slegs op OFM. Luister Maandag tot Vrydag van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn. Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar 'n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.


OFM-nuus


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.