On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Agri Hour

Jong mense moet leierskapsposisies inneem

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 07:27 Tue, 11 Jun 2019

Jong mense moet leierskapsposisies inneem | News Article
Graan SA (GSA) se Jannie de Villiers gee terugvoer aan studente van die Syngenta-graanakademie FOTO: OFM

Jong betrokkenes in die landboubedryf moet vroeg reeds gereed wees om ‘n leierskapsposisie in te neem.


Jaco Minnaar, Graan SA se voorsitter, sê dié organisasie, in samewerking met die Universiteit van die Vrystaat (UV) se Syngenta-graanakademie, is juis daar om ‘n leemte wat reeds bestaan ten opsigte van leierskap in landbou en in Suid-Afrika in geheel te vul. Die akademie se leierskapsprogram is vanjaar vir die sewende jaar agtereenvolgens suksesvol aangebied. Hy sê die akademie se leierskapprogram berei jong boere onder die ouderdom van 40, asook ander betrokkenes in dié bedryf, voor om gespreksvoering te verander en om konkrete oplossings vir probleme te vind.

Daarmee saam fokus dié program meer op menseverhoudinge, sê hy.  Altesaam 24 jong leiers, wat vroue insluit, het dié program vanjaar suksesvol voltooi.  

OFM-nuus se Christal-Lize Muller het Vrydag met Minnaar by dié groep se gradeplegtigheid by die UV se Bloemfontein-kampus gepraat…



Dit was Jaco Minnaar voorsitter van Graan SA.

Luister weeksdae van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn. Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar 'n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.

Om na insetsels te luister gaan na www.ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn. 


OFM-nuus



@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.