On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Anny
Listen Live Streams

Agri Hour

Hier is die weeklikse veilingspryse vir lewende hawe

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 06:51 Thu, 13 Jun 2019

Hier is die weeklikse veilingspryse vir lewende hawe | News Article
FOTO: OFM

‘n Bekende in die veebedryf, Chris Derksen, verskaf nou die pryse wat vandeesweek behaal is vir lewende hawe.


Hy versprei weekliks dié inligting sodat produsente en kopers dieselfde inligting tot hul beskikking het om sodoende ingeligte besluite te neem met die verkoop of aankoop van lewende hawe. Dié inligting is handig en boere kan dit gebruik om ‘n aanduiding te kry van die prys wat diere op 'n veiling kan behaal en wat kopers bereid is om te betaal.  Die Noord-Vrystaat word as 'n indeksgebied gebruik.

Hy sê dit wil voorkom of die prys van speenkalwers sy “onderste draaipunt” bereik het, met die mark wat ietwat versterk het. Die uitdaging in dié verband is egter die stygende prys van mielies weens die situasie met die Amerikaanse-oes.



Dit was Chris Derksen, wat die veilingpryse van lewende hawe verskaf het. Vir meer inligting besoek www.vleisprys.co.za.

Om weer na hierdie en ander insetsels te luister gaan na ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn. Skakel weeksdae om 11:00 en 13:30 in op OFM vir jou landbounuusbulletins.


OFM-nuus
 




@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.