On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agri Hour

Senwes Safex-verslag: Amerikaanse kommoditeite verhandel negatief

───   08:17 Tue, 18 Jun 2019

Senwes Safex-verslag: Amerikaanse kommoditeite verhandel negatief | News Article
FOTO: Graan SA

Die Safex-pryse op OFM word moontlik gemaak deur Senwes Equipment. Puik produkte en spesiale aanbiedinge op nuwe en gebruikte toerusting. Senwes Equipment – Breek nuwe Grond.


OFM-nuus se Gerben van Niekerk praat met 'n graanmakelaar van Senwes, Handré van Heerden...


 
Van Heerden sê Amerikaanse kommoditeite in die geheel het negatief verhandel ná die vrystelling van hul oesvorderingsverslag Maandagmiddag. Die top 18 mielieproduserende state, wat 92% van die verlede seisoen se hektare aangeplant het, is ook 92% klaar geplant. Opkoms in hierdie state staan op 79% en 78% van die oes word tans goed-tot-uitstekend geklassifiseer.

Hy sê vir die komende week word tussen 25mm en 50mm reën oor die "Midweste" en "Plains" gebiede voorspel. Amerikaanse uitvoer vir die week was aan die lae kant van verwagtinge met 33,5 miljoen skepels.  Japan was die grootste aankoper met 9,3 miljoen skepels.

Sojaboonaanplantings:  77% is aangeplant in die top 18 state. 

Die Amerikaanse winterkoringoes is tans 10% gestroop en word as 63% goed-tot-uitstekend geraam.  

Om  na insetsels te luister gaan na http://www.ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn. 

Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar 'n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za. Luister weeksdae om 11:00 en 13:00 na jou landbounuusbulletins.  


OFM-nuus



@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.