On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret, John and Nadine
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Agri Hour

Suid-Afrika het duur lesse geleer met bek-en-klouseer uitbreking

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 08:32 Tue, 18 Jun 2019

Suid-Afrika het duur lesse geleer met bek-en-klouseer uitbreking | News Article
Dr. Danie Odendaal

Samewerking tussen betrokkenes in die rooivleisbedryf en die regering was 'n groot voordeel met die uitbreking van bek-en-klouseer in Limpopo in Januarie vanjaar.


Op 'n negatiewe punt was daar nie 'n voldoende gebeurlikheidsplan in plek nie. Dit is volgens dr. Danie Odendaal, 'n veeartsenykundige konsultant wat verlede week 'n gasspreker op die Rooivleisprodusente-organisasie, oftewel die RPO, in die Vrystaat se jaarkongres in Bloemfontein was. Odendaal meen alles was nie in plek met betrekking tot die versperring van paaie en die beheer van beweging na die uitbreking gewees nie. 

Hy meen dit het langer geneem om beheer toe te pas, dit het eers plaasgevind drie weke nadat 'n voorval aangemeld is. Odendaal het op dié kongres gepraat oor die lesse wat Suid-Afrika geleer het met die uitbreking van dié virussiekte.

OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Odendaal gepraat...



Om na insetsels te luister gaan na http://www.ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn. Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar 'n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za. Luister weeksdae om 11:00 en 13:00 na jou landbounuusbulletins.  


OFM-nuus



@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.