On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Agri Hour

Daar is druk, hou moed en wees positief, vra rooivleisprodusente-organisasie

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 08:37 Tue, 18 Jun 2019

Daar is druk, hou moed en wees positief, vra rooivleisprodusente-organisasie | News Article
James Faber RPO: Foto OFM

Die Rooivleisprodusente-organisasie, oftewel die RPO, tree tot voordeel van sy lede en landbou in geheel op.


Dié organisasie wil ook bydra tot volhoubare produksie in die bedryf. Dit was 'n uitdagende jaar sover vir landbou en rooivleisprodusente is steeds onder druk.  Dit is die mening van James Faber, uitvoerende hoof van die nasionale RPO,  wat verlede week op dié organisasie in die Vrystaat se jaarkongres in Bloemfontein gepraat het. 

Faber sê produsente trek swaar weens verskeie faktore soos die uitbreking van bek-en-klouseer, droogtetoestande, die land se lae groeikoers wat 'n impak het op produsentepryse. Hy sê produsente moet egter hoopvol bly en hulle kan op dié organisasie staatmaak.

OFM-nuus se Christal-Lize Muller het die kongres bygewoon en met Faber gepraat...



Dit was James Faber, uitvoerende hoof van die nasionale Rooivleisprodusente-organisasie (RPO), slegs op OFM.

Om na hierdie insetsels te luister gaan na http://www.ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn. 

Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar 'n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za. 

Luister weeksdae om 11:00 en 13:00 na jou landbounuusbulletins.  


OFM-nuus




@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.