On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Agri Hour

Genetiese bestuur is inderdaad die toekoms, meen kundige

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 06:45 Wed, 19 Jun 2019

Genetiese bestuur is inderdaad die toekoms, meen kundige | News Article
Prof. Frikkie Neser FOTO: OFM-nuus

Die ekonomie, klimaatsverandering, en verbruikersvoorkeure is van die faktore wat die dryfvere van genetiese verandering in die Suid-Afrikaanse veebedryf gaan wees.


Prof. Frikkie Neser van die Universiteit van die Vrystaat (UV) se department vee- en weidingkunde  meen “groener produksiestelsels” met verlaagde kweekhuisgasse is ook ‘n faktor. Neser het op die Rooivleisprodusente-organisasie, RPO, in die Vrystaat se kongres in Bloemfontein gepraat oor genetiese bestuur vir die toekoms en die balang daarvan. Volgens hom is dit die toekoms. 

Daarmee saam moet daar winsgewend geproduseer word, al is dit nie nou die geval in Suid-Afrika waar die vrugbaarheidsvlak van diere op ‘n lae 61% is. Neser meen produsente moet nou meer doeltreffende diere oorweeg in terme van voeromsetting, kalfpersentasies of ‘n kombinasie daarvan, terwyl daar variasies in rasse is wat die seleksieproses moontlik maak.

OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Neser gepraat…



Dit was prof. Frikkie Neser van die Universiteit van die Vrystaat (UV) se department vee- en weidingkunde.

Luister Maandag tot Vrydag van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op  Before Dawn. Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar 'n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za. Luister ook weeksdae om 11:00 en 13:30 na jou landbounuusbulletins slegs op OFM. Om na insetsels te luister gaan na www.ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn.


OFM-nuus




@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.