On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agri Hour

#Sona2019: Ramaphosa gaan landbou as reddende bedryf tot land se swak ekonomie uitlig

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 06:51 Thu, 20 Jun 2019

#Sona2019: Ramaphosa gaan landbou as reddende bedryf tot land se swak ekonomie uitlig | News Article
Theo Venter Foto: OFM

Landbou se rol om Suid-Afrika se sukkelende ekonomie weer op dreef te kry, asook grondhervorming, gaan heel waarskynlik onder die loep kom wanneer pres. Cyril Ramaphosa Donderdag sy staatsrede in die Parlement lewer.


Theo Venter, ‘n politieke ontleder wat verbonde is aan die Noordwes Universiteit (NWU), sê hy hoop Ramaphosa praat ook oor die veiligheid van landelike gemeenskappe en meer spesifiek oor moorde en aanvalle op plase en kleinhoewes wat die laaste paar maande meer gereeld voorgekom het.

Hy sê Ramaphosa gaan die landboubedryf uitlig weens die belangrike rol wat dit speel in Suid-Afrika se ekonomie en dat alles daarop dui dat dit weer dié bedryf gaan wees wat die land uit 'n moontlike tegniese resessie gaan hou.

OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Venter gepraat…



Dit was Theo Venter, ‘n politieke ontleder en dosent aan die Noordwes Universiteit (NWU) se besigheidskool, slegs op OFM.

Luister Maandag tot Vrydag van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op  Before Dawn. Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar 'n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za. Luister ook weeksdae om 11:00 en 13:30 na jou landbounuusbulletins slegs op OFM. 

Om na insetsels te luister gaan na www.ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn.


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.