On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

Agri Hour

TLU SA meen grondverslag kom neer op ‘n sosialistiese en kommunistiese stelsel

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 06:26 Wed, 26 Jun 2019

TLU SA meen grondverslag kom neer op ‘n sosialistiese en kommunistiese stelsel | News Article

Die Transvaalse Landbou-unie, TLU SA, sê dit is duidelik uit pres. Cyril Ramaphosa se staatsrede dat grondonteiening sonder vergoeding gaan plaasvind.


Al het Ramaphosa dit nie breedvoerig in sy staatsrede bespreek nie, en slegs vlugtig na die presidensiële raadgewende paneel oor grondhervorming en landbou se verslag verwys, is dié organisasie nie opgewonde oor die inhoud daarvan nie.

TLU SA se president Louis Meintjes, sê hy is bewus daarvan dat ‘n minderheidsverslag deur lede van die paneel aan Ramaphosa oorhandig is. Volgens sy inligting is die oorspronklike verslag weer geskoei op hervorming en transformasie uit die idioom van die ANC en dat dié regerende party op pad is na ‘n sosialistiese en kommunistiese stelsel.

 OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Meintjes gepraat…



Dit was Louis Meintjes, president van die Transvaalse Landbou-unie oftewel TLU SA.

Luister Maandag tot Vrydag van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn. Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar 'n e-pos na cmuller@centralmediagroup. co.za.

Om na insetsels te luister gaan na www.ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn. Luister weeksdae om 11:00 en 13:30 na jou landbounuusbulletins.


OFM-nuus




@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.