On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Agri Hour

Hier is die weeklikse veilingspryse vir lewende hawe

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 05:01 Thu, 27 Jun 2019

Hier is die weeklikse veilingspryse vir lewende hawe | News Article

‘n Bekende in die veebedryf, Chris Derksen, verskaf nou die pryse wat behaal is vir lewende hawe vandeesweek.


Hy versprei weekliks dié inligting sodat produsente en kopers dieselfde inligting tot hul beskikking het om sodoende ingeligte besluite te neem met die verkoop of aankoop van lewende hawe. Dié inligting is handig en boere kan dit gebruik om ‘n aanduiding te kry van die prys wat diere op 'n veiling kan behaal en wat kopers bereid is om te betaal. Die Noord-Vrystaat word as 'n indeksgebied gebruik.

Derksen sê daar is goeie nuus vandeesweek met die prys van speenkalwers en stoorlammers wat begin toeneem. Die groot uitdaging egter is steeds die mielieprys se invloed. As daar ‘n drastiese styging is in die mielieprys kan dit die speenkalfprys beïnvloed.



Om weer na hierdie en ander insetsels te luister gaan na ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn. Skakel weeksdae om 11:00 en 13:30 in op OFM vir jou landbounuusbulletins. Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar ‘n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.


OFM-nuus


Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.