On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Agri Hour

Landbou is die ruggraat van die ekonomie en waardevol vir plattelandse dorpe

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 05:15 Fri, 28 Jun 2019

Landbou is die ruggraat van die ekonomie en waardevol vir plattelandse dorpe | News Article

Agri Wes-Kaap doen ‘n beroep op die landbougemeenskap om by die Afrikaanse Handelsinstituut in die Wes-Kaap, oftewel die AHi, in te skakel in ‘n poging om die ekonomie in landelike gebiede van dié provinsie, ‘n hupstoot te gee.


Cornie Swart, president van Agri Wes-Kaap, vra lede van landbouverenigings om by die AHi se onderskeie sakekamers in hul dorpe, aan te sluit, omdat die betrokkenheid van boere en eienaars van sakeondernemings die sleutel tot ekonomiese groei in landelike gebiede is. 

Hy meen landbou is beslis die ruggraat van die ekonomie en wat met dié bedryf gebeur het ‘n impak op die voorspoed van plattelandse dorpe. Swart was onlangs ‘n spreker op ‘n werksessie van die Tuinroete, Karoo en Hessequa AHi Wes-Kaap in Stilbaai.

OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat...



Om weer na insetsels te luister gaan na www.ofm.co.za, kliek op News, Agriculture, en Before Dawn. Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar 'n epos na cmuller@centralmediagroup.co.za.


OFM-nuus




Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.