On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Agri Hour

#AgriSA: Daar kan vir eers asem geskep word oor skaliegasontwikkeling in SA

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 05:33 Mon, 08 Jul 2019

#AgriSA: Daar kan vir eers asem geskep word oor skaliegasontwikkeling in SA | News Article
FOTO: OFM

Skaliegasontwikkeling mag vir eers nie in Suid-Afrika plaasvind nie.


Dit kom nadat die Appèlhof in Bloemfontein Donderdag volstaan het met 'n beslissing van die Hooggeregshof in Grahamstad verlede jaar dat die minister van minerale hulpbronne buite sy mandaat opgetree het om regulasies rakende die ontginning van skaliegas voor te skryf. Die minister van omgewingsake is verantwoordelik vir die regulasies. Die Hooggeregshof het verlede jaar ten gunste van Agri Oos-Kaap se president, Dough Stern, en 15 boere beslis. Die minister van minerale hulpbronne het dié beslissing op appèl geneem. Janse Rabie, Agri SA se beleidshoof vir natuurlike hulpbronne, sê dié organisasie is verheug oor dié beslissing.

Volgens hom gee die feit dat daar vir eers nie met skaliegas-eksplorasie en produksie voortgegaan kan word nie, die betrokkenes wat daarteen gekant is tyd om asem te skep.

OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat…



Dit was Janse Rabie, beleidshoof van natuurlike hulpbronne by Agri SA. Die Treasure the Karoo Action Group (TKAG) en AfriForum, wat ook dieselfde stryd in die Hooggeregshof in Pretoria vir etlike jare aangepak het, het ook Donderdag ‘n oorwinning in die Appèlhof in Bloemfontein behaal. Die hof het ook in hulle guns beslis en die minister van minerale hulpbronne se regulasies vir skaliegasontginning ter syde gestel.    

Om weer na insetsels te luister gaan na www.ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn. Skakel weeksdae om 11:00 en 13:30 in op OFM vir jou landbounuusbulletins.

Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar 'n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.


OFM-nuus



@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.