On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
NEXT: 19:00 - 23:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agri Hour

Jong Douglas-boere skroom nie met veevoerskenkings aan buurdistrik

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 06:28 Wed, 10 Jul 2019

Jong Douglas-boere skroom nie met veevoerskenkings aan buurdistrik | News Article

‘n Groep jongboere in die Douglas-gebied in die Noord-Kaap het besluit om uit te reik na boere in hul buurdistrik, wat swaar gebuk gaan onder die voorstlepende droogte.


Henry du Toit, ‘n plaasbestuurder van Paul de Villiers se Delpa-boerdery in dié distrik, sê besproeiingsboere in die Douglas-distrik is in die stadium beter af as die veeboere in die Griekwastad-distrik, wat nog bitter min reën gehad het. Sowat 40 jongboere van die Douglas-distrik het toe besluit om kragte saam te span en hulp aan boere in hul buurdistrik te verleen. Geld is spoedig ingesamel om onder meer diesel vir dié boere aan te koop, terwyl baaltou, balers, ‘n trekker en mielies geskenk is om mieliereste op landerye in die Douglas-gebied te baal. Vragte bale word dan deurlopend aan van die Griekwastad-boere, wat in die knyp is, geskenk. 

OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Du Toit gepraat…



Du Toit se nommer is 082-783-5593. Dit was Henry du Toit, ‘n plaasbestuurder van die Delpa-boerdery by Douglas in die Noord-Kaap, wat die inisiatief geneem het om deurlopend veevoer aan boere in die droogtegeteisterde Griekwastad-distrik te skenk. 

Luister Maandag tot Vrydag van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn. Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus op (051) 5050-953 of stuur vir haar 'n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.

Skakel weeksdae in op OFM vir jou landbounuusbulletins om 11:00 en 13:30.

Om na insetsels te luister gaan na www.ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn.



OFM-nuus




@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.