Wat sê die landbou-ekonoom, Kobus Laubscher?
CHRISTAL-LIZE MULLER
05:29 Thu, 11 Jul 2019
Wat sê die landbou-ekonoom, Kobus Laubscher? | News Article
FOTO: OFM
Soos oudergewoonte op ‘n Donderdag, praat OFM-nuus se Christal-Lize Muller met die landbou-ekonoom, Kobus Laubscher.


Laubscher praat oor tegnologie wat die gang van die wêreld kan verander met bestaande tegnologie wat reeds beskikbaar is om ‘n betekenisvolle verskil te maak. Hy verwys na die herwinning van plastiek wat noodsaaklik is met bio-afbreekbare plastiek wat die antwoord is. Die gebruik van sellulose wat afkomstig is van plantreste is moontlik ‘n antwoord. Die sosiale robot, beteken ook groter toepassing van tegnologie.

Nuwe robotte sal gesigsuitdrukkings kan lees en oogkontak maak. Daarmee saam is die ontwikkeling van lense vir gebruik in selfone en ander tegnologie ook belangrik. Metalense is klein en ligter as tradisionele glaslense. 

In terme van landbou is die nuutste tegnologie daarop geskoei om kunsmis ekologies meer vriendelik te maak deur die aard van die stikstof wat vrygestel word, asook die verbetering van die mikro-organismes in die grond wat die opneemvermoë komplementeer. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat...



Luister Maandag tot Vrydag van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn. Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar 'n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.

Luister weeksdae om 11:00 en 13:30 na jou landbounuusbulletins slegs op OFM.

Om na insetsels te luister gaan na www.ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn. 


OFM-nuus


Related Articles:

Cookies help us deliver our services. By using our site, you agree to our use of cookies. Tell me more