On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agri Hour

Senwes Safex-verslag: Faktore in Amerika raak oesgehaltes

───   07:02 Thu, 18 Jul 2019

Senwes Safex-verslag: Faktore in Amerika raak oesgehaltes | News Article

Die Safex-pryse of OFM word moontlik gemaak deur Senwes Grainlink, waar innoverende oplossing vir al jou graanbemarkings, en bergingsbehoeftes deur 18 graanbemarkingskantore en 68 silo-komplekse aangespreek word. Senwes Grainlink breek nuwe grond.


Frans Dryer, 'n graanbemarker, sê op die internasionale mark, meer spesifiek die Chicago Board of Trade, word die rigting wat die prys van mielies inslaan grootliks bepaal deur veranderinge in die weervooruitsigte op die kort- en mediumtermyn. Hy sê bogemiddelde  warm toestande, wat oor 'n groot deel van die Amerikaanse Midde-Weste in dié land voorkom, het pryse aanvanklik ondersteun voordat reënvoorspellings 'n demper op  'n oplewing in die prys geplaas het.  Sojaboonpryse word ook deur weerstoestande geraak en pryse is steeds onder druk.  

Plaaslik sluit die prys van wit- en geelmielies negatief, terwyl die prys van sonneblom en sojaboon die afgelope tyd wissel na gelang van die winsgewendheid om die kommoditeite te koop en te verwerk teenoor die alternatief om die verwerkte produkte in die vorm van olie en koek in te voer.

OFM se Pieter Venter praat nou met Dryer...



Dit was Frans Dryer, 'n graanbemarker slegs op OFM. Die Safex-pryse op OFM is moontlik gemaak deur Senwes Grainlink. Bel vandag nog jou naaste graanbemarker of silobestuurder. Senwes Grainlink - breek nuwe grond.

Luister weeksdae van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk slegs op Before Dawn. Om na insetsels te luister gaan na news@ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn. 

Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar 'n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za. 

Skakel weeksdae om 11:00 en 13:30 in op OFM vir jou landbounuusbulletins.


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.