On Now
Weekdays 23:00 - 23:59
Overnight Oscar
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Agri Hour

Hier is die weeklikse veilingspryse vir lewende hawe

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 07:20 Thu, 18 Jul 2019

Hier is die weeklikse veilingspryse vir lewende hawe | News Article

‘n Bekende in die veebedryf, Chris Derksen, verskaf die pryse wat behaal is vir lewende hawe vandeesweek.


Derksen versprei weekliks dié inligting sodat produsente en kopers dieselfde inligting tot hul beskikking het om sodoende ingeligte besluite te neem met die verkoop of aankoop van lewende hawe. Dié inligting is handig en boere kan dit gebruik om ‘n aanduiding te kry van die prys wat diere op 'n veiling kan behaal en wat kopers bereid is om te betaal. Die Noord-Vrystaat word as 'n indeksgebied gebruik. 

Derksen verskaf die pryse vir lewende hawe vir die week van 16 Julie. Volgens hom is dit belangrik om in ag te neem dat die pryse wat hy verskaf slegs die prys van die beste gehalte lewende hawe op veilings insluit. Daarmee saam is dit normaal vir die prys van vet koeie om die tyd van die winterseisoen te styg. Daar bestaan hoop dat die prys van speenkalwers egter ook sal styg, sê hy.  

Hier is Derksen…



Dit was Chris Derksen wat die veilingpryse van lewende hawe verskaf het. Vir meer inligting besoek www.vleisprys.co.za.


OFM-nuus





@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.