On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret, John and Nadine
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Agri Hour

Primêre produsente moet ‘n kopskuif maak oor “megaboerderye”

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 06:29 Fri, 19 Jul 2019

Primêre produsente moet ‘n kopskuif maak oor “megaboerderye” | News Article
Bennie van Zyl, TLU SA se hoofbestuurder FOTO: YOUTUBE

TLU SA wil met ‘n ander oog na die landboubedryf kyk en betrokkenes in die bedryf se waardeketting, wat insetverskaffers, verwerkers, verspreiders van kos, verkopers en verbruikers insluit, moet hul afhanklikheid van primêre produsente besef.


TLU SA se hoofbestuurder, Bennie van Zyl, sê die landbou-organisasie se volhoubaarheidsberaad in Pretoria het vandeesweek juis gefokus op die behoud van primêre produsente in dié bedryf. Verskeie belanghebbendes in landbou was byeen om te praat oor oplossings sodat primêre produsente volhoubaar en winsgewend kan boer. 

Van Zyl meen daar is verskeie opsies om te oorweeg waarvan die vorming van koöperasies deur boere op grondvlak een is. Dan sal sindikasie kan plaasvind en graanprodukte wat self geproduseer word op plase waar daar saamgeboer word, kan waarde toevoeg aan ander komponente van die sogenaamde “megaboerdery”.)



Dit was Bennie van Zyl, hoofbestuurder van TLU SA.

Luister Maandag tot Vrydag van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn. Skakel weeksdae om 11:00 en 13:30 in vir jou landbounuusbulletins slegs op OFM.  Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar 'n e-pos na news@centralmediagroup.co.za.

Om na insetsels te luister gaan na www.ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn.


OFM-nuus


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.