On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Agri Hour

SA se witmielie-voorraad genoeg, geelmielies ingevoer

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 06:00 Mon, 29 Jul 2019

SA se witmielie-voorraad genoeg, geelmielies ingevoer   | News Article

Die Nasionale Oesskattingskomitee (NOK) het die verwagte kommersiële mielie-oes in sy sesde produksieskatting vir somergewasse van sy vorige skatting aangepas.


Daarmee saam is die skatting van die oppervlakte onder mielies 2,3 miljoen hektaar, terwyl die verwagte opbrengs 4,77 ton per hektaar is. Die belangrikste mielieproduserende gebiede wat die Vrystaat, Noordwes en Mpumalanga insluit, gaan na verwagting steeds 80% van die totale mielie-oes lewer. Dít, ondanks laat aanplantings in sekere gebiede. Die hoof van graanekonomie en bemarking by Graan SA, Dirk Strydom, sê laat reën het die aanplantings vertraag, maar daar is steeds voortgegaan daarmee. Hy sê die NOK se produksieskatting vir witmielies is 5,57 miljoen ton, wat 1,53% meer is as die vorige skatting. Dit dui daarop dat Suid-Afrika se voorraad genoeg gaan wees weens beskikbare oordragvoorraad. Hy verwag nog geelmielies sal ingevoer moet word.

OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Strydom gepraat…



Dit was Dirk Strydom,die hoof van graanekonomie en bemarking by Graan SA. Skakel Dinsdagoggend in op Before Dawn wanneer Strydom sy indrukke gee oor die Nasionale Oesskattingskomitee se voorlopige oppervlakteskatting van wintergewasse.

Luister weeksdae van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn. Skakel weeksdae om 11:00 en 13:30 in op OFM vir jou landbounuusbulletins. Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar ‘n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.

Om na insetsels te luister gaan na www.ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn.


OFM-nuus



OFM-NUUS

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.