On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Agri Hour

Reën in Wes-Kaap bring hoop vir goeie koringoes

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 05:27 Tue, 30 Jul 2019

Reën in Wes-Kaap bring hoop vir goeie koringoes | News Article

Koringproduksie in die Wes-Kaap het ‘n hupstoot gekry weens onlangse reën in sekere streke.


Die hoof van graanekonomie en bemarking by Graan SA (GSA), Dirk Strydom, sê dit is ‘n goeie teken en as weerstoestande saamspeel, kan ‘n goeie koringoes dié seisoen gelewer word. Dit is Strydom se reaksie op die Nasionale Oesskattingskomitee (NOK) se voorlopige oppervlakteskatting vir wintergewasse wat verlede week bekendgemaak is. Die voorlopige skatting van die oppervlakte onder koring is 539 900 hektaar.

Dit is 6,68% meer as die 503 000 hektaar wat verlede seisoen aangeplant is. Die beraamde oppervlakte wat aangeplant is in die Wes-Kaap, is 324 000 hektaar.

Dit is ook meer as die 318 000 hektaar wat verlde seisoen aangeplant is. Die NOK se skatting vir aanplantings in die Vrystaat is 125 000 hektaar.

OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat…


Dit was Dirk Strydom, hoof van graanekonomie en bemarking by Graan SA.

Luister weeksdae van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn. Skakel weeksdae om 11:00 en 13:30 in op OFM vir jou landbounuusbulletins. Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar ‘n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.

Om na insetsels te luister gaan na www.ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn.


OFM-nuus






@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.