On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret, John and Nadine
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Agri Hour

Grondpaneelverslag se tydsberekening nie goed vir SA

───   05:58 Thu, 01 Aug 2019

Grondpaneelverslag se tydsberekening nie goed vir SA | News Article
André Duvenhage, 'n politieke ontleder van die Noordwes-Universiteit

Die tydsberekening van die bekendstelling van die adviespaneel op grondhervorming se verslag het uiters negatiewe gevolge vir Suid-Afrika en vind plaas op ‘n tyd waar die land ongelooflik onstabiel en onseker is.


 Dit is volgens ‘n politieke ontleder van die Noordwes-Universteit (NWU), André Duvenhage, wat meen hierdie verslag kon nie op ‘n meer ongeleë tyd gekom het nie. Duvenhage sê dié verslag het ‘n verdere negatiewe impak op Suid-Afrika wat reeds ‘n  afwaartse ekonomiese groei toon en die hoogste werkloosheidsyfer in twee dekades het. Hy meen die verkeerde seine word met die verslag aan die buiteland gestuur, juis wanneer Suid-Afrika internasionale beleggings nodig het.  

Duvenhage meen ook die verslag kan moontlik lei na verdere onwettige grondbesettings wat op ander vlakke probleme en uitdagings vir Suid-Afrika gaan skep. Duvenhage meen georganiseerde landbou-organisasies, het nie genoeg gedoen vir boere in dié verband nie.  Verder tref hy ook vergelykings met die situasie in Zimbabwe. Hy meen die negatiewe gevolge vir die Suid-Afrikaanse ekonomie kan nog erger wees as wat Zimbabwe ervaar het ná daardie land se roekelose grondhervormings van vroeër die eeu.

OFM-nuus se Vernon Baumann het met Duvenhage gepraat …



Dit was André Duvenhage, ‘n politieke ontleder aan die Noordwes-Universiteit (NWU) se Potchefstroom-kampus. Luister weeksdae van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn. Skakel weeksdae om 11:00 en 13:30 in op OFM vir jou landbounuusbulletins. Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar ‘n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.

Om na insetsels te luister gaan na www.ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn.


OFM-nuus/Vernon Baumann



@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.