On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Agri Hour

Grondpaneelverslag: Instel van grondplafonne raak alle boere

───   06:40 Fri, 02 Aug 2019

Grondpaneelverslag: Instel van grondplafonne raak alle boere | News Article

Die konsep van grondplafonne is problamatiese en ‘n omstrede kwessie wat groot negatiewe gevolge inhou vir die land, sou dit ingestel word.


André Duvenhage, ‘n politieke ontleder aan die Noordwes-Universiteit (NWU) se Potchefstroom-kampus, sê grondplafonne gaan oor die hoeveelheid grond wat besit mag word. Dit is egter moeilik om met dié konsep plase in verskillende dele van die land met mekaar te vergelyk. Sy reaksie kom nadat die adviespaneel oor grondhervorming en landbou die naweek sy verslag bekendgestel het waarin grondplafonne onder meer voorgestel word.

Duvenhage het nog nie die spesifieke norme rondom die voorstel van grondplafonne gesien nie, maar dit is duidelik dat dit spesifiek gerig is op die eweredige verspreiding van grond en het ten doel om aan meer mense eienaarskap te gee.

OFM-nuus se Vernon Baumann het met Duvenhage gepraat…



Luister Maandag tot Vrydag van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn. Skakel ook weeksdae in om 11:00 en 13:30 op OFM vir jou landbounuusbulletins. Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar 'n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za. 

Om na insetsels te luister gaan na www.ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn. 


OFM-nuus/Vernon Baumann

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.