On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

Agri Hour

#Droogte: NK-boere staar likwidasie in die gesig

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 05:32 Tue, 06 Aug 2019

#Droogte: NK-boere staar likwidasie in die gesig | News Article

Die algehele impak van die droogte in die Noord-Kaap, veral in terme van ‘n tekort aan vleis, sal eers later duidelik sigbaar wees.


Dit is volgens Nicol Jansen, die president van Agri Noord-Kaap, wat sê die enigste uitweg vir boere nou is baie goeie reën. Daarmee saam moet dié provinsie in geheel as ‘n droogterampgebied verklaar word. Hy sê in die stadium word meer as 70% van die Noord-Kaap deur die droogte geraak. Daar is gebiede waar geen weiding vir diere meer beskikbaar is nie. Volgens hom word van die kuddes wat oorgebly het in krale gevoer. Boere kan nie hul paaiemente op hul plase betaal nie en staar likwidasie in die gesig. (VIR DIE WEB: In ander gevalle is boerderye gestaak en plaashekke gesluit waar eienaars werksgeleenthede in dorpe gekry het as die enigste vorm van oorlewing, sê hy.

OFM-nuuus se Christal-Lize Muller het met Jansen gepraat…



Dit was Nicol Jansen, president van Agri Noord-Kaap slegs op Before Dawn.

Luister weeksdae van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn. Skakel weeksdae om 11:00 en 13:30 in op OFM vir jou landbounuusbulletins. Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar ‘n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.

Om na insetsels te luister gaan na www.ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn.


OFM-nuus





@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.