On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Agri Hour

Onteiening bedreig SA se toekoms, boere moet georganiseerd optree

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 09:17 Mon, 12 Aug 2019

Onteiening bedreig SA se toekoms, boere moet georganiseerd optree | News Article

Daar is baie op die spel vir Suid-Afrikaners, veral met betrekking tot eiendomsreg en die wysiging van Artikel 25 van die Grondwet wat voorsiening maak vir grondonteiening sonder vergoeding.

 

Frans Cronjé, uitvoerende hoof van die Instituut vir Rasseverhoudinge (IRV), het op Vrystaat Landbou (VL) se jaarkongres verlede week buite Bloemfontein ‘n sterk boodskap gegee aan boere om goed georganiseerd te wees en belangrike beginsels ondubbelsinnig uiteen te sit. 

Hy het gesê as boere bereid is om dít te doen is daar geen twyfel dat hulle geweldige ekonomiese en politieke druk kan afdwing op die regering en politieke spelers nie. 

Boere kan dan seëvier. 

Hy het gesê as onteiening nie getroef word nie, staar Suid-Afrika ‘n toekoms van mislukkig, armoede en chaos in die gesig. 

Dit kan egter afgeweer word indien Suid-Afrikaners en spesifiek die landbougemeenskap strategies te werk gaan.

OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Cronjé gepraat.



Luister weeksdae van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn. Skakel weeksdae om 11:00 en 13:30 in op OFM vir jou landbounuusbulletins. Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar ‘n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.