On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Agri Hour

Goeie pryse word behaal op Heuningkrans Merino-veiling

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 13:15 Tue, 13 Aug 2019

Goeie pryse word behaal op Heuningkrans Merino-veiling | News Article

Heuningkrans Merino’s se 38ste produksieveiling, by Smithfield in die Vrystaat het weer kopers van oor die land heen gelok.


Die eienaar, Eddie Prinsloo, sê die hoogste prys vir ‘n merino-ram op die veiling, wat verlede week plaasgevind het, was R95 000. 

Dit was Prinsloo se tweede produksieveiling van die jaar en dié prys is die hoogste wat vanjaar op sy veilings behaal is. 

Die gemiddelde prys vir die 115 merinoramme wat op die veiling aangebied is, was R9 000. Prinsloo sê hy is positief oor die toekoms van die wolbedryf in Suid-Afrika ondanks verskeie uitdagings wat die bedryf die afgelope jaar in die gesig gestaar het.

Prinsloo is ‘n voorloper in die bedryf deurdat hy die pas aangegee het en titelaktes aan nege van sy plaaswerkers verskaf het. 

Prinsloo het 'n plaas aan die regering verkoop en 'n ooreenkoms aangegaan dat hy en sy plaaswerkers die boerdery bedryf, terwyl die grond deur sy werkers besit word.

OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat.


OFM-nuus


Luister weeksdae van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op BeforeDawn. Skakel weeksdae om 11:00 en 13:30 in op OFM vir jou landbounuusbulletins.Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur virhaar ‘n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.