On Now
Weekends 05:00 - 06:00
Opstaan Anny
NEXT: 06:00 - 09:00 Weekend Breakfast with Gerben and Anny
Listen Live Streams

Agri Hour

Belanghebbendes stig nasionale primêre landbou- koöperasie

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 08:18 Thu, 15 Aug 2019

Belanghebbendes stig nasionale primêre landbou- koöperasie | News Article

Die Livestock Owners Primêre Landbou-koöperasie is onlangs op die been gebring.

 

Die voorsitter van die direksie, dr. Jaco de Villiers, wat ook ‘n stigterslid is, sê dit is ‘n mylpaal wat bereik is in Suid-Afrika se landboubedryf. 

Dié koöperasie se stigterslede is van oor die land heen en is verteenwoordigend van onder meer die landboubedryf. 

De Villiers sê daar word met die primêre koöperasie gepoog om ‘n vryemarkstelsel (of ‘n kapitalistiese ekonomiese stelsel) en ‘n sosialistiese stelsel in, wat hy noem ‘n huwelik, te verbind. 

Dit is geskoei op die ontwikkeling van arm mense. 

Hy sê die koöperasie se Grondwet is gefinaliseer. Lede se deelname is hul verbintenis tot beleggings met ‘n maandelikse bydrae van ‘n minimum van R150 per lid. 

De Villiers sê die koöperasie se rol in die waardeketting is om sy lede as verbruikers nader aan produsente te bring.

OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met De Villiers gepraat…



OFM-nuus



@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.