On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Agri Hour

Primêre Landbou-koöperasie op been gebring deur verbruikers vir produsent

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 11:53 Fri, 16 Aug 2019

Primêre Landbou-koöperasie op been gebring deur verbruikers vir produsent | News Article

Die Livestock Owners Primêre Landbou-koöperasie is onlangs op die been gebring.


Die voorsitter van die direksie, dr. Jaco de Villiers, ‘n boer van die Vrystaat en ‘n stigterslid, sê dit is ‘n mylpaal wat bereik is in Suid-Afrika se landboubedryf. 

De Villiers sê dit is die eerste primêre koöperasie in die land wat dieselfde nasionale doelstellings het en ‘n Grondwet het wat tussen sosiale en beleggersverantwoordelikhede gesinchroniseerd is. 

Dit is ‘n koöperasie deur die verbruiker vir die produsent. Daar is sewe raadslede, almal boere en nou betrokke by die landbou. 

Die koöperasie gaan uit lede met stemreg bestaan, asook aandeelhouers. 

De Villiers sê daar word met die primêre koöperasie gepoog om ‘n vryemarkstelsel of ‘n kapitalistiese ekonomiese stelsel en ‘n sosialistiese stelsel, wat geskoei is op die ontwikkeling van arm mense, in wat hy noem, ‘n huwelik te verbind.

OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met De Villiers gepraat.



OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.