On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret, John and Nadine
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Agri Hour

Suid-Afrika se verwagte kommersiële mielie-oes oortref verwagtinge

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 07:14 Fri, 30 Aug 2019

Suid-Afrika se verwagte kommersiële mielie-oes oortref verwagtinge | News Article
FOTO: Graan SA

Die begin van die seisoen vir die aanplanting van somergraangewasse het vir talle produsente in veral mielieproduksiegebiede in die sentrale binneland nie op 'n positiewe noot begin nie.


Dit kan toegeskryf word aan laat reën en droogtetoestande in 'n groot deel van dié gebiede. 'n Landbou-ekonoom van Graan SA (GSA), Luan van der Walt, sê ondanks dié toestande wat produsente genoop het om later met hul aanplantings te begin, is die Nasionale Oesskattingskomitee (NOK) se sewende produksieskatting vir somergewasse, en veral mielies, beter as die aanvanklike verwagting.

Hy sê weens dié uitdagende weerstoestande en ander bydraende faktore tydens die verloop van die seisoen, oortref die verwagte kommersiele mielie-oes steeds die verwagting. Die oes is op 11,017 miljoen ton 0,34% meer as die NOK se vorige skatting van 10,979 miljoen ton. Die skatting vir witmielies is opwaarts aangepas in terme van die NOK se vorige skatting, terwyl die produksieskatting vir geelmielies onveranderd gelaat is.

OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Van der Walt gepraat...


Sien aangehegte PODCAST


Dit was Luan ver der Walt, 'n landbou-ekonoom van Graan SA (GSA).

Luister weeksdae van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn. Skakel weeksdae om 11:00 en 13:30 in op OFM vir jou landbounuusbulletins. Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar ‘n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.

Om na insetsels te luister gaan na www.ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn.


OFM-nuus
 
 




@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.