On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Agri Hour

LNR-Ndaba fokus op wetenskaplike tegnologie in die beesbedryf

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 05:37 Wed, 04 Sep 2019

LNR-Ndaba fokus op wetenskaplike tegnologie in die beesbedryf | News Article

Die Landbounavorsingsraad (LNR) se eerbewysgeleentheid vir presteerders in die beesbedryf, asook ‘n indaba oor die nuutste tegnologie wat beskikbaar is, was tot groot voordeel vir beesboere en ander betrokkenes.


Dié geleentheid is verlede Donderdag en Vrydag in Centurion, Pretoria, aangebied. Die Navorsingspanbestuurder by die LNR, Ben Greyling, sê die land se voorste produsente, wat strek van stoetboere tot kommersiële en opkomende boere wat groot hoogtes bereik het in terme van wetenskaplike tegnologie, is vereer. 

 ‘n Vrystaatse Simbra- en Simmentaler-stoetboer, Llewelyn Angus, is op dié geleentheid as die LNR se Mentor van die Jaar aangewys. Hy volg ‘n wetenskaplike benadering en doelgerigte seleksie in sy stoetery by Arlington. 

OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Greyling gepraat…


Sien aangehegte PODCAST


Dit was Ben Greyling, navorsingsbestuurder by die Landbounavorsingsraad (LNR).  

Luister weeksdae van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn. Skakel weeksdae om 11:00 en 13:30 in op OFM vir jou landbounuusbulletins.

Om na insetsels te luister gaan na www.ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn.

Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar ‘n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.


OFM-nuus




Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.