On Now
Weekends 16:00 - 20:00
OFM Decades James
NEXT: 20:00 - 23:59 The Music Man Mix with The Music Man
Listen Live Streams

Agri Hour

Brahman-telers hou ‘n ras-bonanza

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 05:35 Wed, 11 Sep 2019

Brahman-telers hou ‘n ras-bonanza | News Article
FOTO: Brahmanshop

Die Brahman-telersgenootskap se Limpopo-streek bied eersdaags sy nasionale jaarvergadering en presidentsdinee aan.


Die streeksverteenwoordiger en ‘n raadslid van die genootskap, Willem Barnard, sê daarmee saam gaan ‘n massa Brahman-uitstalling ook plaasvind.  Tussen 25 en 30 telers gaan van hul diere op dié uitstalling vertoon.

Hy sê meer as 150 diere gaan op dié Bosveld Brahman Bonanza te siene wees,  terwyl telers ook beskikbaar gaan wees om vrae oor hul diere te beantwoord. 

OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Barnard gepraat…


Sien onderstaande PODCAST


Dit was Willem Barnard, streeksverteenwoordiger van die Brahman-telersgenootskap se Limpopo-streek slegs op OFM.

Die Bosveld Brahman Bonanza vind van 19 tot 21 September by Castle de Wildt by Modimolle plaas. Toegang is gratis.  Vir meer inligting bel Willem Barnard by 082-5782664. 

Luister weeksdae van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn. Skakel weeksdae om 11:00 en 13:30 in op OFM vir jou landbounuusbulletins.  Om na insetsels te luister gaan na www.ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn.  Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar ‘n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.



OFM-nuus




Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.