On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Agri Hour

Veediefstal het invloed op produsente se veepryse

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 05:41 Wed, 11 Sep 2019

Veediefstal het invloed op produsente se veepryse   | News Article

Die invloed van veediefstal in Suid-Afrika wat die produsenteprys van vee negatief beïnvloed, wek kommer.


Dit veroorsaak dat daar genoeg sogenaamde gesteelde vee in sirkulasie is, wat die prys wat boere ontvang vir hulle vee, afwaarts druk. So sê  Agri SA se Sentrum vir Uitnemendheid se voorsitter van landelike veiligheid, Tommie Esterhuyse, nadat Agri SA insette oor onder meer veediefstal in die nuwe nasionale landelike beveiligingstrategie, gelewer het. Die polisie is in beheer van dié strategie wat na verwagting aanstaande maand bekendgestel word.

Esterhuyse sê veediefstal het veral die afgelope jaar in die Vrystaat toegeneem en in die Bethlehem-gebied het die veediefstalsyfer ‘n 100%-toename getoon teenoor dieselfde tydperk verlede jaar. Esterhuyse sê nog ‘n bron van kommer met betrekking tot veediefstal is die feit dat dit as ‘n georganiseerde misdaad beskou word. Agri SA het ook insette gelewer oor moorde en aanvalle op plase en kleinhoewes in die land.

OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat…


Sien onderstaande PODCAST


Dit was Tommie Esterhuyse, voorsitter van landelike veiligheid by Agri SA se Sentrum vir Uitnemendheid.

Luister weeksdae van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn. Skakel weeksdae om 11:00 en 13:30 in op OFM vir jou landbounuusbulletins.  Om na insetsels te luister gaan na www.ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn.  Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar ‘n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.



OFM-nuus





Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.