On Now
Weekends 09:00 - 12:00
The Central SA Top 30 Nolwethu
NEXT: 12:00 - 16:00 Saterdag Siësta with Laurika
Listen Live Streams

Agri Hour

Jong afslaers ding weer mee op Alfa2019

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 06:26 Fri, 13 Sep 2019

Jong afslaers ding weer mee op Alfa2019 | News Article

Die African Livestock Trade Fair, oftewel Alfa, vind volgende week vir die vierde jaar agtereenvolgens by die Afridome in Parys in die Vrystaat plaas.


‘n Organiseerder, Albert Loubser, sê dié gewilde ekspo, wat jaarliks uitbrei, het vanjaar weer ‘n propvol program wat uit verskeie afdelings bestaan. Alfa2019 begin eerskomende Dinsdag en word Donderdagaand met ‘n spogdinee afgesluit.

Dié ekspo se program bestaan uit ‘n vee-, handel-, verbruikers-, sosiale - en meer spesifiek 'n jeug-komponent. Hy sê Toyota se Jong Afslaerskompetisie, wat jaarliks groot aftrek geniet, vind weer plaas, met die wenner wat Donderdag by die dinee aangewys word. Dit is vanjaar ook die eerste keer dat ‘n aanlyn-aanteelveiling vir vroulike diere in samewerking met Wildswinkel oor drie dae by dié vee-ekspo gaan plaasvind.

OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Loubser gepraat…


Sien onderstaande PODCAST


Dit was Albert Loubser, organiseerder van die African Livestock Trade Fair, oftewel Alfa, wat volgende week begin.

Luister weeksdae van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn. Skakel weeksdae om 11:00 en 13:30 in op OFM vir jou landbounuusbulletins. Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar ‘n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.

Om na insetsels te luister gaan na www.ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn.


OFM-nuus




Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.