On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Agri Hour

‘Daar is niks meer oor’ in Kleinbegin-distrik in NK nie

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 06:51 Wed, 18 Sep 2019

‘Daar is niks meer oor’ in Kleinbegin-distrik in  NK nie | News Article
FOTO: Verskaf

Terwyl die provinsiale regering in die droogtegeteisterde Noord-Kaap sloer met droogteramphulp, maak boere in dié provinsie hoofsaaklik staat op veevoerskenkings en donasies deur weldoeners van regoor die land.


Die organisasie Boere Droogtehulp Suid-Afrika se stigter en uitvoerende hoof, Chris van Beljon, sê veevoer word deur dié organisasie op ‘n volgehoue grondslag oor die land heen aan boere geskenk. Dit sluit die Noord-Kaap in. Hy sê meer as 20 vragmotors en tien bakkies met sleepwaens vertrek vanoggend (Woensdag) uit Rustenburg in Noordwes met veevoervragte wat bestem is vir boere van Kleinbegin in die Namakwa-distriksmunisipaliteit.

Daar word al die afgelope twee maande aan dié spesifieke projek gewerk. Veevoer is hoofsaaklik voorsien deur ‘n weldoener in Rustenburg, wat gras langs paaie baal, asook boere in dié provinsie en die Vrystaat wat bale met mieliereste geskenk het. Hy sê die waarde van die veevoer is meer as R1 miljoen. Volgens hom is daar besluit op Kleinbegin, omdat daar totale verbystering is weens die droogte en nie slegs vee nie, maar wild word ook geraak. “Daar is niks meer oor nie,” sê hy.

OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Van Beljon gepraat…


Sien onderstaande PODCAST


Dit was Chris van Beljon, stigter en uitvoerende hoof van  die organisasie Boere Droogtehulp Suid-Afrika.

Luister weeksdae van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn. Skakel weeksdae om 11:00 en 13:30 in op OFM vir jou landbounuusbulletins. Om na insetsels te luister gaan na www.ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn.  Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar ‘n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.


OFM-nuus



Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.