On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Agri Hour

Afwagting groot vir SA se beste Sauvignon Blanc-wyne

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 05:22 Mon, 23 Sep 2019

Afwagting groot vir SA se beste Sauvignon Blanc-wyne | News Article

Daar is groot afwagting oor die aankondiging van die Sauvignon Blanc-vereniging van Suid-Afrika se top tien kompetisie waarvan die beoordeeling reeds begin het.


Dr. Winifred Bowman, sameroeper en voorsitter van dié kompetisie se beoordelingskomitee, sê daar was vanjaar 182 inskrywings vir die FNB Souvignon Blanc Top Tien-kompetisie, waarvolgens wyne van verskillende produsente, hoofsaaklik in die Wes-Kaap, van die 2016- tot die 2019-oesjare beoordeel is. Sy sê die finaliste word in Oktober bekendgemaak.

Volgens Bowman sal die beoordelaars binnekort besluit op die top-20 inskrywings waarna ‘n siftingsproses gaan plaasvind. Daar is vanjaar meer inskrywings gewees as die 177 inskrywings van verlede jaar.

OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Bowman gepraat…


Sien onderstaande PODCAST


Dit was dr. Winifred Bowman, sameroeper en voorsitter van die FNB Souvignon Blanc Top Tien-kompetisie. Die top 20 wyne is instussen aangewys. Hier is die wyne: 

• Alvi’s Drift Signature Sauvignon Blanc 2019
• Bellevue Estate Sauvignon Blanc 2019
• Cederberg Ghost Corner Sauvignon Blanc 2019
• D’Aria Songbird Sauvignon Blanc 2018
• De Grendel Koetshuis Sauvignon Blanc 2019
• Diemersdal Winter Ferment Sauvignon Blanc 2019
• Domaine Des Dieux Sauvignon Blanc 2016
• Du Toitskloof Land’s End Sauvignon Blanc 2018
• Fleur Du Cap Series Privee Sauvignon Blanc 2017
• Groote Post Seasalter Sauvignon Blanc 2019
• Iona Elgin Highlands Sauvignon Blanc 2018
• Kleine Zalze Family Reserve Sauvignon Blanc 2019
• Lomond Sauvignon Blanc 2019
• Merwida Sauvignon Blanc 2019
• Nitida Golden Orb Sauvignon Blanc 2018
• Spier Ideology Sauvignon Blanc 2019
• Stark-Conde Round Mountain Sauvignon Blanc 2018
• Strandveld First Sighting Sauvignon Blanc 2019
• Tierhoek Piekenierskloof South Africa Sauvignon Blanc 2018
• Tokara Reserve Collection Elgin Sauvignon Blanc 2019

Luister weeksdae van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn. Skakel weeksdae om 11:00 en 13:30 in op OFM vir jou landbounuusbulletins. Om na insetsels te luister gaan na www.ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn.  Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar ‘n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.


OFM-nuus





Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.