On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Agri Hour

RPO vra mense om rooivleisprodusente op nasionale braaidag te ondersteun

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 05:30 Mon, 23 Sep 2019

RPO vra mense om rooivleisprodusente op nasionale braaidag te ondersteun | News Article

Dit is môre Erfenisdag, wat ook nasionale braaidag is.


Alle kulture herdenk hul erfenis op dié dag onder meer rondom braaivure. Die  Rooivleisprodusente-organisasie (RPO) in die Vrystaat moedig mense aan om 'n vleisie oor die kole te gooi. Die RPO se provinsiale voorsitter, Gielie Nieuwoudt, sê dit is die beste manier om dié dag te vier en daarmee saam ondersteun gemeenskappe die land se rooivleisprodusente wat goeie gehalte vleis verskaf. 

Daarmee saam vra hy verbruikers om plaaslike produkte te koop. Hy sê verbruikers moet op die uitkyk wees vir winskopies by winkels en slaghuise. Nieuwoudt is ook bekommerd oor Botswana se aankondiging dat hy beeste vir slagdoeleiendes na Suid-Afrika gaan uitvoer omdat produsente in dié buurland onder erge droogtetoestande gebuk gaan. Hy sê dit is nie goeie nuus vir Suid-Afrikaanse produsente nie, omdat dit die prys van vleis gaan afdruk, want daar gaan ‘n oormaat van vleis beskikbaar wees.

OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Nieuwoudt gepraat…


Sien onderstaande PODCAST


Dit was Gielie Nieuwoudt, voorsitter van die Rooivleisprodusente-organisasie (RPO) in die Vrystaat.

Luister weeksdae van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn. Skakel weeksdae om 11:00 en 13:30 in op OFM vir jou landbounuusbulletins. Om na insetsels te luister gaan na www.ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn.  Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar ‘n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.


OFM-nuus



Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.