On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret, John and Nadine
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Agri Hour

Droogtetoestande knyp westelike deel van Noordwes al jare

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 06:43 Wed, 16 Oct 2019

Droogtetoestande knyp westelike deel van Noordwes al jare | News Article
Willem De Chevonnes Vrug

Die westelike deel van Noordwes gaan al vir meer as drie jaar gebuk onder erge droogtetoestande. Daar is nie weiding vir diere nie.


Dit plaas druk op boere in dié gebied en kleiner dorpe word geraak. Soos baie ander boere in droogtegeteisterde dele van die sentrale binneland hoop boere nou op goeie reën wat dié seisoen verligting kan bring en hulle uit ‘n geldelike knyp kan red. Willem de Chevonnes Vrug, president van Agri Noordwes, sê in ander somergraangewas-produksiegebiede in dié provinsie het dit die afgelope seisoen laat gereën. Dit het bygedra tot goeie ondergrondse vog.

Hy het aan OFM-nuus op Graan SA se kongres in Pretoria gesê daar is egter nie genoeg bogrondse vog vir produsente om hul landerye voor te berei en primêre bewerkings te doen in aanloop tot planttyd van somergewasse soos mielies nie.

OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met De Chevonnes Vrug gepraat…


Sien onderstaande PODCAST


Luister weeksdae van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn. Skakel weeksdae om 11:00 en 13:30 in op OFM vir jou landbounuusbulletins. Om na insetsels te luister gaan na www.ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn. Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar ‘n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.


OFM-nuus




Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.