On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Agri Hour

OVK-wolmarkverslag: Suid-Afrikaanse wolmark toon 'n effense styging

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 06:35 Fri, 15 Nov 2019

OVK-wolmarkverslag:  Suid-Afrikaanse wolmark toon 'n effense styging | News Article

Dié wolmarkverslag word moontlik gemaak deur OVK. Besoek OVK se webblad by ovk.co.za vir spesiale promosies, inligting oor veilings, weekslikse graanverslae en vele meer. OVK - saam bereik ons meer.


Heinrich Victor,  operasionele bestuurder van vesel by OVK, sê die 11de veiling van die 2019/20 seisoen het vandeesweek plaasgevind. Die Cape Wools merino-aanwyser het met 1% en met 174 punte hoër verhandel en teen 'n skoonprys van R174,64 per kg gesluit .

Die Australiese EMI het ooreenkomstig met 1,2% gestyg. Daarmee saam het die rand 0,7% swakker  teen die Dollar verhandel. Volgens Victor het fynwol goeie aandag vandeesweek geniet en bykans 96% van die aanbieding is verkoop.

Korter wol het 'n kleiner persentasie van die aanbieding gevorm en daar was 'n redelike vraag na die sterker mikron segment, sê hy. Die grootste styging vandeesweek was 3,3% in die 19-mikron wolsegment.

Victor sê dié effense styging in die Suid-Afrikaanse wolmark kan toegeskryf word aan die styging in die Australiese mark asook die verswakking van die rand teen die vernaamste geldeenhede.

Die volume wol in makelaars se pakhuise was bykans 20% laer ooreenstemend dieselfde week van die vorige seisoen. 

Victor wil produsente  gerusstel dat die uitbreking van bek-en-klouseer in Limpopo geen uitwerking op die situasie met betrekking tot wol in die stadium het nie, omdat die makelaars en OVK se pakhuise aan die Wêreldorganisasie vir Dieregesondheid (OIE) se vereistes vir die veilige hantering van wol wat bestem is vir die uitvoermark, voldoen.  

Hier is Victor...


Sien onderstaande PODCAST


Luister weeksdae van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn. Skakel weeksdae om 11:00 en 13:30 in op OFM vir jou landbounuusbulletins. Om na insetsels te luister gaan na www.ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn. Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar ‘n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.


OFM-nuus





Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.