On Now
Weekends 12:00 - 16:00
Saterdag Siësta Laurika
NEXT: 16:00 - 20:00 OFM Decades with James
Listen Live Streams

Agri Hour

Tydelike verbod op lewendehawe-veilings laat vrae

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 09:44 Tue, 19 Nov 2019

Tydelike verbod op lewendehawe-veilings laat vrae | News Article
FOTO: Rooivleisprodusente-organisasie (RPO)

Die Departement van Landbou, Grondhervorming en Landelike ontwikkeling se aankondiging dat ‘n tydelike moratorium op veilings van lewendehawe in vier provinsies geplaas is, ná nog ‘n uitbreking van bek-en-klouseer het as ‘n verrassing gekom.


'n Tydelike verbod is op veilings van lewendehawe in Limpopo, Mpumalanga, Gauteng en Noordwes geplaas nadat dié virussiekte in Molemole op ‘n kommersiële plaas bevestig is. Dít is volgens Boeta du Toit, uitvoerende hoofbestuurder van Agri Noordwes, waar daar ook ‘n tydelike verbod op veilings geplaas is. Hy sê die departement se kommunikasie in dié verband was hopeloos en daar is onsekerheid oor die departement se werklike rede agter dié besluit. Dit is die tweede uitbreking van dié virussiekte in Limpopo vanjaar.

Hy sê daar is nou meer druk op die landbouminister, Thoko Didiza, oor die hele bek-en-klouseer kwessie nadat sy ná die eerste uitbreking in die Vhembe-distrik in Januarie op terme geplaas is om dringende gesprekke met betrokkenes in dié verband te hê. Volgens Du Toit is die kern van die kwessie bewegingsbeheer en nie noodwendig ‘n moratorium op veilings van lewende hawe nie. Suid-Afrika het ‘n groot probleem in terme van sy grensbeheer, en die bedryf sal self verantwoordelikheid daarvoor moet neem deur ‘n naspeurbaarheidstelsel in plek te stel en wanneer uitbrekings voorkom  moet daar “gekompartementaliseer” word, of gebiede moet afgesonder word, sodat daar in ‘n spesifieke gebied die nodige beheermaatreëls toegepas kan word.

OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Du Toit gepraat...


Sien onderstaande PODCAST


Dit was Boeta du Toit, uitvoerende hoofbestuurder van Agri Noordwes. Die departement se tegniese komitee sou na verwagting gistermiddag vergader het om te besluit oor die impak van die tydelike moratorium op veilings van lewende hawe. Skakel Dinsdagoggend om 11:00 en 13:30 in op OFM se landbounuusbulletins om te hoor wat op dié vergadering besluit is. Skakel Woensdagoggend in op Before Dawn, wannneer Du Toit praat oor droogtetoestande in dié provinsie en onsekerheid in die bedryf wat steeds ‘n rol speel.


OFM-nuus




Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.