On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agri Hour

Noordwes-droogte nog nie só kritiek, maar reën is nodig

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 07:22 Wed, 20 Nov 2019

Noordwes-droogte nog nie só kritiek, maar reën is nodig | News Article

Droogtetoestande in die westelike en sekere sentrale dele in Noordwes duur voort en wek kommer, maar die landboubedryf is positief dat reën uitkoms gaan bring.


Die uitvoerende hoofbestuurder van Agri Noordwes, Boeta du Toit, sê daarmee saam is Noordwes in geheel in ‘n veel beter posisie ten opsigte van droogtetoestande teenoor ander provinsies wat ramptoestande ervaar.

OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Du Toit gepraat…


Sien onderstaande PODCAST


Hy sê in die westelike deel van Noordwes - veral noord van Vryburg asook in sekere gebiede in die sentrale deel van dié provinsie - is dit baie droog en indien dit nie binnekort reën nie kan die situasie vererger. Volgens hom is dié droogtetoestande egter nie dieselfde as die knellende droogte wat in die Noord-Kaap en Oos-Kaap voorkom nie. Daarmee saam is daar groot dankbaarheid by boere in die oostelike deel van Noordwes wat beter af is ná die vorige reënseisoen, asook onlangse reën, wat hulle in ‘n beter situasie geplaas het.

Du Toit sê daar is produsente in dié gebiede wat reeds begin het om hul landerye voor te berei vir mielie-aanplantings, en daar is selfs produsente wat al begin plant het.


OFM-nuus


Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.